速報APP / 健康塑身 / Linda Kriel Fitness

Linda Kriel Fitness

價格:免費

更新日期:2019-02-11

檔案大小:29M

目前版本:1.0.1

版本需求:Android 4.1 以上版本

官方網站:https://lindakriel.co.za

Email:info@lindakriel.co.za

聯絡地址:38 louise Road, Monavoni, Centurion, 0157

Linda Kriel Fitness(圖1)-速報App

Die eerste fiksheid en gewigsverlies App in Afrikaans! EET reg… OEFEN reg… wees GESOND.

Linda Kriel, Suid Afrika se fiksheids-guru gaan jou help om fiks, gesond en slank te word. Jy hoef nooit meer te wonder wat jy vandag moet eet of hoe jy moet oefen nie. Jou hele program is weekliks vir jou uitgewerk. Elke dag van die jaar ’n nuwe program!

JY KRY (“Features”)

Daaglikse eetplanne uitgewerk deur ’n dieetkundige.

Linda Kriel Fitness(圖2)-速報App

Oefenprogramme vir gewigsverlies en fiksheid uitgewerk en getoets deur Linda Kriel.

Daaglikse oefenprogram: Keuse tussen Beginner; Middelvlak; Gevorderde vlak. Jy kan wissel tussen vlakke in die App.

Oefenprogramme is geballanseerd en wissel elke dag. Kardio vir vetverbranding; Spieropknapping vir jou probleemareas; HIIT (Hoë Intensiteit Interval Training) vir ekstra vetverbranding; Rondte oefening (circuit training); Blitsprogramme vir besige dae.

Oefen in die gemak van jou huis. Geen duur gimnasiumfooie of toerusting nie.

Linda Kriel Fitness(圖3)-速報App

Gesonde eetplanne: Keuse tussen Banting en Lae GI. Kan verander in die App.

Spyskaarte is maklik om te volg en bevat geen snaakse of duur kosse nie.

Maklike resepte.

Detoks plan.

Linda Kriel Fitness(圖4)-速報App

Elke dag is anders! Jy kry jou oefen- en eetplanne weekliks vooruit en kan dus beplan.

Sluit nou aan vir 7 dae se GRATIS oefen- en eetplanne! Waarvoor wag jy?

Subskripsie pryse en terme:

Linda Kriel Fitness App is gratis om af te laai.

Linda Kriel Fitness(圖5)-速報App

Deurlopende gebruik vereis 'n aktiewe intekening, wat maandeliks of jaarliks beskikbaar is.

Betaling word met bankkaart gemaak en gaan eers van jou bankrekening af aan die einde van jou 7 dae gratis.

Subskripsies word outomaties hernu, tensy jy dit kanselleer ten minste 24 uur voor die einde van die huidige subskripsie. Om te kanselleer stuur epos na info@lindakriel.co.za of gaan op die webtuiste www.lindakriel.co.za en kliek op My Account.

Linda Kriel Fitness(圖6)-速報App